The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Donate Newsletter Facebook twitter x instagram TikTok Pinterest YouTube LinkedIn
20 Years of CANSA Shavathon Show your support for a cancer survivor

Jou Kans om Kleurvol-goedhartig te Wees

English Media Release

KANSA se Shavathon is in sy 22ste jaar. Om dit te vier, fokus die fondsinsameling- en bewusmakingsveldtog op welwillendheid.

#CANSAShavathon #CANSACares #BeColourfullyKind

Be Colourfully Kind is die tema vir vanjaar se KANSA Shavathon. Dit skop af met voldag-aktiwiteite op Saterdag 24 Februarie by geselekteerde winkelsentrums regoor Suid-Afrika en word voortgesit met afsonderlike geleenthede vanaf 26 Februarie tot 29 Maart by werksplekke, skole en organisasies.

Elijah Masubelele, KANSA se Hoof: Besigheidsontwikkeling, sê, “Alhoewel winkelsentrums ons van wonderlike platforms voorsien om elke jaar Shavathon-aktiwiteite te hou, vind ons ook dat afsonderlike geleenthede met maatskappye, skole en ander organisasies ’n betekenisvolle positiewe impak maak deur bewusmaking en fondsinsameling.”

Die jaarlikse Shavathon gryp altyd die verbeelding van die Suid-Afrikaanse publiek aan, wat elke jaar in groot getalle uitkom om deel te neem. Die dapperes skeer hulle hare af, terwyl ander hul hare met allerhande kleure laat spuit om hulle ondersteuning vir kankeroorwinnaars te wys. Dan is daar ook diegene wie hulle hare regdeur die jaar groei om dit op die dag te skenk sodat pruike gemaak kan word vir kankeroorwinnaars wat hulle hare tydens behandeling verloor het. Diegene wie nie by die aktiwiteite kan uitkom nie het die opsie om aanlyn skenkings te maak.

“Die KANSA Shavathon gee die geleentheid vir organisasies om prettige aktiwiteite te hou wat spanbou en vrywilligerswerk aanmoedig terwyl dit ook die ernstige kanker-verwante boodskappe tuisbring,” sê Masubelele.

“Ons beklemtoon altyd dat kanker geen perke het nie; hetsy ras, kultuur, geslag of ouderdom, en dat vroeë opsporing die beste wapen is in die geveg om dit te oorkom. Shavathon is ’n lighartige geleentheid wat ons in staat stel om hierdie onderwerpe op ’n nie-bedreigende manier uit te brei.”

Die Be Colourfully Kind-tema beklemtoon die behoefte vir mense om empatie en begrip te toon teenoor diegene wat deur hierdie gevreesde siekte geaffekteer word, terwyl ’n positiewe uitkyk behou word.

Die KANSA Shavathon is een van Suid-Afrika se gunsteling geleenthede en help deelnemers om solidariteit te wys teenoor diegene wat deur kanker geaffekteer word. Haarverlies is ’n algemene newe-effek van kankerbehandeling – so om jou hare af te skeer is ’n simboliese gebaar van ondersteuning vir kankeroorwinnaars. Diegene wat verkies om nie hul hare te skeer nie of dit nie op die dag kan doen nie, het ook die opsie om hulle hare te kleur of ’n ‘borg-staan-fooitjie’ te betaal. Persone wat aktief betrokke wil raak om ’n verskil te maak, kan ’n vrywilliger wees by Shavathon. Die ondersteuning is regtig waardevol.

Waarom word fondse ingesamel?

Die fondse wat deur die KANSA Shavathon ingesamel word, word vir opvoeding- en siftingstoets-inisiatiewe gebruik, asook sorg- en ondersteuningsdienste vir kankerpasiënte en hul geliefdes. Fondse word ook vir opwip-klinieke gebruik om kanker siftingstoetse en leefstyl risiko-assesserings te doen, en vir opvoedkundige kankerbewusmaking.

Laat jou hare skeer of spuit teen R50 vir volwassenes en R25 vir kinders onder 12 jaar.

Hoe om vanjaar welwillendheid te wys

Skole en ander opvoedkundige instansies, maatskappye en organisasies is welkom om by KANSA te registreer en hul eie KANSA Shavathons tussen 26 Februarie en 29 Maart te hou. Die voordele van so ’n aktiwiteit sluit in ’n platform vir spanbou en die geleentheid vir vrywilligerswerk, iets wat mensie nie noodwendig toegang tot het nie. Inligting oor kanker word ook sodoende versprei, insluitend hoe om dit te behandel, en natuurlik die belangrikste, hoe om die kankerrisiko te verlaag.

Organiseerders moet net die Shavathon weblad besoek of asnyders@cansa.org.za te kontak. Hulle sal dan die besonderhede kry oor hoe om die geleentheid en die fondse wat ingesamel word te hanteer.

Wil jy ’n aanlyn kampioen word?

KANSA is op soek na fondsinsamelings-kampioene om fondse aanlyn in te samel en pryse te wen. “Jy moet net ’n aanlyn fondsinsamelingsprojek-bladsy vir KANSA op GivenGain se digitale platform skep en ’n e-posadres of sosiale media-rekening het. Jy kan jou familie, vriende, kollegas en gemeenskap kry om jou te ondersteun. Sodoende help jy KANSA om kanker te beveg en maak jy ’n aansienlike bydrae om kankerpasiënte en geliefdes te ondersteun,” sluit Masubelele af. Gaan na die Shavathon weblad vir meer inligting.

Vir meer inligting oor alle KANSA Shavathon-verwante aktiwiteite, besoek https://shavathon.org.za/

(Vir meer inligting, kontak asseblief vir Lucy Balona, Hoof: Bemarking en Kommunikasie, by KANSA per e-pos lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of op haar selfoon 082 459 5230.)

  • Meer oor KANSA
    Meer oor KANSA

    KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons bied ‘n gratis Tele Beradingsdiens in sewe tale aan. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 8 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

    Navrae KANSA

     0800 22 6622 Tolvry
     072 197 9305 Engels en Afrikaans
     071 867 3530 Xhosa, Zulu, Sotho en Siswati
      KANSA Versorgsentrums

     
    Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms:

Do you have a question?

Ask CANSA

Book a counselling session

CANSA Tele Counselling