‘Hoop in Kleur’ by KANSA Shavathon

English Media Release

16 Januarie 2019 – Dit is tyd vir KANSA se 16de nasionale Shavathon veldtog met vanjaar se tema wat ‘Hoop in Kleur’ genoem word. Shavathon word aangebied by winkelsentrums landswyd op Saterdag 2 Maart 2019. ‘n Paar nuwe aanbiedings van Shavathon word vanjaar gereël op Sondag 3 Maart – besonderhede is beskikbaar op die Shavathon webwerf.

Shavathon het begin as ‘n geleentheid om solidariteit te betoon en ondersteuning te bied aan kankerpasiënte omdat haarverlies ‘n algemene newe-effek van kankerbehandeling is. Deelnemers aan Shavathon samel fondse in vir die ondersteuning van kankerpasiënte deur ‘n fooi te betaal deur hulle hare te laat sproei of skeer. Die donasies word deur KANSA gebruik om vir sorg en ondersteuningdienste van kankerpasiënte en almal wat deur kanker geraak word, te betaal. Lees antwoorde op gereelde vrae…

 

“Nieteenstaande die feit dat die woorde ‘Inkleur’ en ‘Hoop’ nie dikwels gebruik word wanneer daar oor ‘n siekte soos kanker gepraat word nie, wil KANSA dit beklemtoon dat ‘n diagnose van kanker nie noodwendig meer ‘n doodsvonnis is nie. Baie meer mense oorwin die stryd teen kanker en word genees. Kankerpasiënte verdien dit om deur die publiek aangemoedig te word om teen kanker te baklei en om by hulle nuwe lewenstyl en voorkoms, wat te wyte is aan die newe-effekte van kankerbehandeling, aan te pas,” sê Maria Scholtz, KANSA se Hoof van Volhoubaarheid.

Volwassenes betaal R50 en kinders onder 12 betaal R25 om deel te neem aan Shavathon. Fondse wat ingesamel word, word deur KANSA aangewend om te betaal vir sorg- en ondersteuningprogramme vir kankerpasiënte, versorgers en geliefdes.

Scholtz voeg by: “Ons hoop dat ons almal kan inspireer om hande te vat met KANSA sodat ons saam vir almal wat deur kanker geraak word kan bewys dat hulle nie alleen teen kanker baklei nie. Deelname aan Shavathon bied aan elkeen die geleentheid om betrokke te raak om Hoop in te Kleur. Laat hou hare sproei in verskillende kleure en patrone, laat jou hare skeer of skenk ‘n poniestert wat KANSA kan gebruik om ‘n pruik te laat maak. “Selfie”-foto’s kan op vertoonborde gespeld word om te wys dat dit ook pret is om saam-saam kankeroorwinnaars (pasiënte) te ondersteun en om bewustheid oor kanker te verskerp.”

‘n Opwindende toevoeging tot vanjaar se Shavathon is ‘n inkleurboek vir kinders en kleurkryte wat te koop aangebied word vir R25 elk vir die jonger deelnemers wat KANSA se slim keuses oor kanker aanmoedig. ‘n Beperkte aantal ‘Hoop in Kleur’ KANSA ‘Wraps’ (bandanas) is ook beskikbaar vir die publiek om te koop vir R50 en te dra om te wys dat hulle ondersteuning van kankeroorwinnaars pasiënte kop toe vat.

Om ‘n gasheer of –vrou te word van ‘n Shavathon aanbieding, registreer asseblief en bestel voorraad van KANSA se produkte van die Shavathon eShop. Enigiemand kan ‘n Shavathon aanbied. Dit word nie beperk tot net die werksplek, organisasies of skole nie. Die spertyd vir registrasie en bestellings is Dinsdag 22 Februarie. As jy voor of op Vrydag 1 Februarie jou bestelling plaas, kan jy ‘n afslag kry. Spesiale Shavathon aanbiedings word beplan vir 4 tot 8 Maart 2019.

Deelnemers word ook uitgenooi om aanlyn fondse in te samel vir Shavathon 2019. Op individuele fondsinsamelings bladsy aanlyn kan deelnemers ander aanmoedig om aan Shavathon deel te neem of om te wys wat hulle wil en kan doen om kankeroorwinnaars deur donasies te ondersteun.

#CANSAShavathon #ColouringHope #CANSACares

Vir meer inligting skakel asseblief vir Lucy Balona, Hoof: bemarking en Kommunikasie by KANSA, stuur ‘n epos aan lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of selnommer 082 459 5230.

Meer oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing (meer as R12miljoen jaarliks spandeer) word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 11 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte.

Navrae KANSA

Besoek www.cansa.org.za of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel KANSA tolvry of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel KANSA tolvry 0800 22 66 22 of stuur ‘n epos aan: info@cansa.org.za. KANSA bied meertalige ondersteuning aan op Whatsapp: 0721979305 vir Engels en Afrikaans en 0718673530 vir  Xhosa, Zulu, Sotho en Siswati.  Volg KANSA op Twitter: @CANSA , sluit aan by KANSA op Facebook: CANSA The Cancer Association of South Africa en volg KANSA op Instagram: @cancerassociationofsouthafrica


Do you have a question?

Ask CANSA

Book a counselling session

CANSA Tele Counselling