20 Years of CANSA Shavathon Show your support for a cancer survivor

Shavathon – Antwoorde op Gereelde Vrae

English FAQ’s

1. Hoe Dikwels vind KANSA Shavathon Plaas?

Shavathon sal op Saterdag, 30 September 2023 plaasvind by verskeie inkopiesentrums, en ‘n paar Shavathons sal op Sondag, 1 Oktober 2023 gehou word. Ons Shavathon vennote hou Maandag, 2 Oktober tot Vrydag, 6 Oktober 2023 geleenthede.

2. Wat is Shavathon?

Die eerste Shavathon is in 2003 in die Oos Kaap aangebied (kyk video met Simon Clark) as ‘n manier om solidariteit en ondersteuning aan kankerpasiënte te betoon omdat die verlies van hare ‘n algemene newe-effek van kankerterapie is. Sedertdien word Shavathon op nasionale vlak aangebied. As ‘n blyk van hul ondersteuning skenk deelnemers ‘n fooi om hul hare te laat skeer of met gekleurde haarsproei te laat spuit. Die skenking word deur KANSA gebruik om sorg- en ondersteuningsdienste te verskaf aan die publiek en aan almal wie se lewe deur kanker geraak word.

3. Hoe om ‘n Aanlyn Kampioen te Word

Teken jou maatskappy aan op die Shavathon webwerf as a Shavathon Aanlyn Korporatiewe Kampioen of skep jou eie korporatiewe interne projek waar individuele werknemers of verskillende afdelings en takke kan inteken as aktiviste. Jy kan ook jou eie rekening vir fondsinsameling skep en ander werknemers uitdaag om jou projek te ondersteun om die werknemers se bydrae te ewenaar. Daag ander maatskappye uit om te sien wie die meeste fondse kan insamel. Skenkers kan jou organisasie se projekte volg en nuutste skenkings nagaan om skenkings te doen op ‘n veilige fondsinsamelingsblad.

Individue en vrywilligers kan ook hul eie persoonlike bladsy vir fondsinsameling skep – stel jou eie profiel vir aanlyn fondsinsameling op; skryf ‘n kort oorsig oor die doel van jou projek en hoekom mense donasies vir jou projek moet skenk. Nooi al jou vriende, kollegas, werknemers en familielede uit om jou te help om fondse vir jou projek in te samel. Hou jou projek oor jou fondsinsameling gereeld op hoogte en aan die gang met nuwe inligting, foto’s en video’s en hou die vordering van jou projek dop.

Daar is talle pryse beskikbaar wat gewen kan word deur Aanlyn Kampioene wat die meeste geld insamel. Skep nou jou aanlyn fondsinsamelingsprojek…

4. Hoe word Shavathon in die Werkplek Aangebied?

Talle werksplekke, organisasies en opvoedkundige instansies besluit om self die gasheer van hulle eie Shavathon te wees om sodoende bewustheid te skep en om fondse vir die stryd teen kanker in te samel. Om die gasheer van ‘n Shavathon te wees, is ‘n wonderlike spanbou-ervaring en baie maatskappye neem KANSA Shavathon aan as hul projek vir hul Korporatiewe Sosiale Belegging. Dit vind plaas vanaf Maandag, 2 Oktober tot Vrydag, 6 Oktober 2023.

Werknemers neem deel aan ‘n Shavathon in die werksplek en hulle nooi dikwels diensverskaffers, kliënte en vriende uit om deel te neem. Die aangewese personeellid betaal die verbintenisfooi tot deelname aan Shavathon aanlyn, plaas die bestelling van KANSA materiaal vir Shavathon aanlyn, tree op as gasheer of gasvrou van die geleentheid en na afloop van die Shavathon aanbieding word die fondse oorbetaal aan KANSA. Baie maatskappye skenk dieselfde bedrag geld wat die werknemers ingesamel het om hierdie geleentheid nog ‘n groter hupstoot te gee.

Registreer jou Shavathon en bestel jou produkte….

5. Hoe Werk Shavathon by Winkelsentrums?

Lede van die publiek gaan na hul naaste inkopiesentrum om hulle hare te laat skeer of sproei vir ‘n donasie van R50. Kinders jonger as 12 betaal ‘n donasie van slegs R25. Mense wat wil deelneem, registreer eers, teken dan ‘n vrywaringsvorm en betaal die bedrag wat verskuldig is voordat hulle hare geskeer en/of gesproei word. Die duur van die proses is tussen 15 en 60 minute afhangende van hoeveel mense die geleentheid bywoon en hoeveel mense se hare geskeer of gesproei moet word.

Shavathons begin gewoonlik om 09:00 en sluit om 15:00 (bevestig liewer voor die tyd hier… Probeer om so vroeg as moontlik by die winkelsentrum te wees om teleurstelling te voorkom.

6. Borgtog-Fooi

As jy nie in staat is om jou hare by jou werksplek of by ‘n winkelsentrum te laat skeer of sproei nie, kan jy ‘n fooi betaal wat as borgtog dien. Maak ‘n minimum donasie van R50 aanlyn  fooi vir borgtog of ‘bail-out’’. Jy kan ook deelneem aan plaaslike Shavathons in streke waar dit regdeur die jaar aangebied word. Kontak jou naaste KANSA SorgSentrum om uit te vind wanneer die volgende Shavathon aangebied word.

7. Wat is Nuut?

Dit is ons 21ste nasionale Shavathon en diegene wat ‘n Shavathon byeenkoms organiseer kan dit enige tyd gedurende Oktobermaand hou.

Die publiek kan ook ‘n KANSA “Headwear” (R55) koop, by sommige Shavathons beskikbaar.

Vir jou gerief ondersteun ons nou ook SnapScan betalings by Shavathons. Dit is nie eers vir jou nodig om kontant te gaan trek nie – skandeer die QR kode en maak jou donasie.

8. Word alle Hare wat tydens Shavathons geskeer word Gebruik om Pruike van te maak?

Ons pruik-vervaardiger verkies hare wat langer as 25cm is. Hare wat gekleur of gebleik is, kan ook geskenk word, maar hare wat skoon gewas is en vry is van chemiese behandeling is meer geskik omdat dit ‘n pruik van beter kwaliteit sal lewer.

Om hare te skenk, moet jy die volgende doen: was jou hare en maak dit droog. Moenie gekleurde haarsproei op jou hare spuit nie. Bind jou hare vas met ‘n rekkie in ‘n poniestert en sny dit af met ‘n skêr. Probeer om die poniestert in een stuk te hou. Plaas hare in ‘n plastiese sak wat geseël word. Skryf jou naam, van en kontakbesonderhede duidelik sigbaar op die plastiese sak. Plaas hare in ‘n koevert en pos dit aan: KANSA Hoofkantoor, Posbus 2121, Bedfordview, 2008 of 26 Concorde Straat Wes, Bedfordview 2007. Dit kan ook afgelaai word by jou plaaslike of naaste KANSA SorgSentrum. Ons gebruik hierdie poniesterte om pruike te laat maak vir kankerpasiënte wat hulle hare as gevolg van die behandeling van kanker verloor het. Pasiënte betaal R300 vir ‘n pruik.  Lees meer….

9. Word die Wahl knippers wat Gebruik word Gesteriliseer na Gebruik?

Die lemme raak nie aan die vel nie, maar daar is by alle Shavathon geleenthede materiale en middels om knippers en skêre te steriliseer.

10. Hoekom word Mense se Koppe nie Kaal Geskeer by ‘n KANSA Shavathon nie?

Die kortste wat ons hare skeer, is ‘n nommer 1 kam. Dit verminder die risiko van kepe of snye aan die kopvel. KANSA moedig mense aan om SonSlim te wees, so ons wil nie jou kop kaal skeer sodat jy in gevaar staan om deur die son verbrand te word of om jou kopvel deur die son te beskadig nie. Ons raai mense aan om ten alle tye goedgekeurde sonskerm te gebruik of om ‘n breërandhoed te dra om hulle te beskerm teen die son. Jy kan kies of jy jou hare in ‘n nommer 2 – 4 kam te laat skeer of jy kan jou hare laat sproei en tussen ‘n verskeidenheid van vorms, patrone en kleure kies as jy nie bereid is of in staat is om jou hare in ‘n nommer 1 kam te laat skeer nie.

11. Is die Kleure van die Sproeimiddels wat Gebruik word, Veilig en sal dit nie Vlekke nalaat nie?

Die sproeimiddels is gemaak van die kleurstof wat van groente afkomstig is. Dit vlek nie en kan maklik uitgewas word. Gebruik egter die mantel of handdoek om klere soos ‘n wit hemp te beskerm as jou hare gesproei word.

12. Waarvoor Word die Geld Gebruik?

Fondse wat ingesamel word, word gebruik om ‘n unieke en geïntegreerde diens aan die publiek en aan almal wie se lewe deur kanker geraak word, te lewer As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat opgedoen word deur ons navorsing, gebruik om ons gesondheidsprogramme te versterk en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te verskerp. Ons gesondheidsprogramme sluit die volgende in: gesondheid- en opvoedkundige veldtogte, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan almal wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, mediese toerusting wat gehuur kan word sowel as ‘n tolvrye lyn wat mense kan skakel om inligting en ondersteuning te bekom.

Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van KANSA SorgTuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Sien hoe jy kan help om kanker in jou gemeenskap te beveg…

13. R50 is te Duur – Hoekom kan Gesinslede nie Minder Betaal nie?

Die prys van R50 het dieselfde gebly vir die laaste 19 KANSA Shavathons. Dit word nog steeds as ‘n skenking beskou. Kinders jonger as 12 skenk slegs R25.

14. Wie is KANSA se Vennote vir Shavathon?

Toegewyde vennote is Newsclip Media Monitoring and Limegreen Online Design Print. Daar is ‘n aantal ander mediavennote wat op ‘n gereelde basis help met gratis plaaslike mediadekking of blootstelling – hierdie vennote se name is beskikbaar op ons webwerf asook die name van al die winkelsentrums wat deelneem.

15. In Watter Kleure kan ek my Hare laat Sproei?

Vanjaar se kleure is pink, pers, blou, groen, silwer, geel, rooi, oranje, swart en wit, so jy kan een kleur kies of sommer ‘n kombinasie van kleure! Sommige mense laat eers hul hare skeer en daarna sproei om ons dubbel te ondersteun!

16. Op Watter Sosiale Media Platforms kan ek Shavathon Volg?

Shavathon maak gebruik van meeste van die sosiale netwerk platforms: klik op die ‘Like’ knoppie op ons Facebook bladsy of volg ons op Twitter: @CANSA, asook op Instagram: @CancerAssociationOfSouthAfrica.

Facebook: CANSA The Cancer Association of South Africa
Twitter: @CANSA
Instagram: @CancerAssociationOfSouthAfrica
YouTube: Cancer Association of South Africa
• Besoek www.shavathon.org.za

Deel jou Shavathon ervaring met ons! Plaas jou foto’s en video’s saam met die hutsmerk #CANSAShavathon op al jou platforms:

KANSA se strewe is om met mense wat deur kanker geraak word in verbinding te tree en te bly en om soveel as moontlik inligting te deel met kankerpasiënte. Ons wil graag toesien dat pasiënte en hul geliefdes emosionele ondersteuning ontvang in die gemeenskappe waar hulle woon. Ons doel is om seker te maak dat kankeroorwinnaars en hul geliefdes nie kanker alleen in die gesig hoef te staar nie; ons is daar om hulle tree vir tree te vergesel op hul reis met kanker.*

Jou ondersteuning help ons om voort te gaan om die stryd teen kanker in Suid-Afrika te oorwin en dit bring ons nader aan die uitdaging om tydens ons generasie ‘n wêreld sonder kanker te skep. Ons sou graag wil toesien dat dit ons nalatenskap sal wees vir ons kinders en geslagte wat nog kom.

*Dit bly die pasiënt se verantwoordelikheid om KANSA vir ondersteuning te kontak. KANSA word nie ingelig aangaande pasiënte wat gediagnoseer word, of behandeling ontvang, by mediese fasiliteite nie. Familielede moet eers toestemming vanaf pasiënte ontvang, voordat KANSA hulle mag kontak. Lees meer…

Vir meer inligting besoek www.shavathon.org.za,  stuur ‘n epos aan: info@cansa.org.za, skakel 0800 22 66 22 of kontak jou naaste KANSA Sorgsentrum…


Do you have a question?

Ask CANSA

Book a counselling session

CANSA Tele Counselling