The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Donate Newsletter Facebook twitter x instagram TikTok Pinterest YouTube LinkedIn

Skeer, Spuit en Gee Hoop met Shavathon 2020

English Media Release

1 Desember 2019 – Soos die beplanning vir 2020 begin, herinner KANSA almal om die datums van KANSA se 17de Shavathon in 2020 in hulle dagboeke aan te teken. KANSA Shavathon word in 2020 op Saterdag, 29 Februarie by winkelsentrums landswyd aangebied. Die tema van ‘Hoop 2020’ is veral geskik en van pas omdat deelnemers aan Shavathon 2020 ‘Hoop’ sal gee vir alle kankeroorwinnaars en hul geliefdes deur solidariteit te betoon met kankerpasiënte se geveg teen kanker. Deelnemers gaan dit doen deur hul hare te laat skeer, spuit en om met behulp van stensils hulle hare in te kleur en op te tooi.

En die uitdaging aan een en almal is maklik: nooi 20 mense uit om saam met jou deel te neem aan die prettigste geleentheid in KANSA se dagboek – Shavathon 2020!

Maria Scholtz, KANSA se Hoof van Volhoubaarheid, sê: “KANSA se Shavathon vind landswyd op Saterdag, 29 Februarie 2020 plaas, asook by ‘n paar sentrums op Sondag, 1 Maart 2020. Besonderhede sal nader aan die tyd op KANSA se Shavathon webwerf bekendgemaak word. Volwassenes betaal R50 en kinders jonger as 12 betaal R25 om deel te neem aan Shavathon 2020.

Fondse wat ingesamel word, word deur KANSA gebruik vir versorging- en ondersteuningprogramme vir kankerpasiënte, versorgers en geliefdes. Ons hoop om soveel as moontlik mense aan te spoor om hande te vat en saam te span om vir hulle wie se lewe deur kanker geraak word, te wys dat hulle nie alleen die stryd hoef te stry nie.

Deelname aan Shavathon bied vir elkeen die geleentheid om betrokke te raak om die inspirerende boodskap van ‘Hoop’ oor te dra deur hulle hare te laat skeer, spuit, inkleur met stensils, om hulle koppe kaal te laat skeer of om ‘n poniestert aan KANSA te skenk wat gebruik word om pruike te maak. Selfieborde wat gebruik kan word as deelnemers foto’s van hulself en ander wil neem, sal ook beskikbaar gestel word. Dit word gedoen sodat almal deel kan wees van die pret en die aksie wat hand aan hand gaan met Shavathon. Hierdie foto’s sal ook help om mense meer bewus te maak van kanker en die nood wat bestaan om kankeroorwinnaars (pasiënte) te versorg en te ondersteun.”

Om ‘n gasheer of gasvrou van ‘n Shavathon geleentheid te wees, registreer asseblief en bestel Shavathon produkte by die Shavathon eShop op die webwerf: www.shavathon.org.za. Enige iemand kan ‘n Shavathon geleentheid aanbied en dit word nie beperk tot net die werksplek, organisasies of skole nie. Die spertyd vir registrasies en bestellings is 21 Februarie 2020. As jy vroeg genoeg registreer en bestel, kan jy produkte teen ‘n spesiale afslagprys kry. Om hierdie afslagprys te kry, moet jy registreer en jou produkte bestel voor of op 31 Januarie 2020. Shavathon geleenthede deur gashere en gasvroue vind plaas van 2 tot 6 Maart 2020. Gashere en –vroue word aangemoedig en uitgedaag om elkeen 20 ander gashere en –vroue oor te haal om ook elkeen ‘n Shavathon geleentheid aan te bied.

#CANSAShavathon #Hope2020 #CANSACares


Do you have a question?

Ask CANSA

Book a counselling session

CANSA Tele Counselling